John Stuart Mill | |
Lid van die Britse Parlement vir City and Westminster
| |
Ampstermyn 1865 – 1868 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | Pentonville, Londen, Engeland | 20 Mei 1806
Sterf | 8 Mei 1873 (op 66) Avignon, Frankryk |
Politieke party | Liberale Party |
John Stuart Mill (Pentonville, 20 Mei 1806 – Avignon, 8 Mei 1873) was 'n Engelse filosoof en ekonoom. Hy was 'n voorstander van die utilitarisme, die etiese teorie wat voorgestel word deur sy peetoom Jeremy Bentham. Sy eie variasie hiervan beskryf hy in die werk Utilitarianism, waarmee hy aanvoer dat daar 'n onderskeid gemaak moet word tussen verskillende soorte genot. In sy bekendste werk On Liberty sit hy die skadebeginsel uiteen. Die skadebeginsel is die opvatting dat iemand se vryheid slegs beperk mag word in so ver dit nodig is om te verhinder dat hy/sy ander skade aanrig.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search